- Home
- diskontobooks
- Onder 6
diskontobooks
1-2-3 Groei met Spel
R 190.00
Hedendaagse kinders weet dikwels nie meer hoe om te speel nie en daarom is hul fun- en grootmotoriese ontwikkeling nie op standaard nie. Hulle sukkel dikwels met aktiwiteite soos inkleur, knip, bal vang en eenbeentjie spring. Hul spierontwikkeling is ook swak en dit lei tot probleme met konsentrasie. Daar is verskeie faktore wat kinders se motor...
100 Eerste woorde
R 60.00
Hierdie eerste boeke met pragtige kleur foto’s sal jong kinders help met die bou van woordeskat. Elke boek het loergaaitjies en flappe en kinders kan deur die gaatjies loer en dan uitvind wat onder die flappe is.
100 Woorde oor diere
R 60.00
Hierdie eerste boeke met pragtige kleur foto’s sal jong kinders help met die bou van woordeskat. Elke boek het loergaaitjies en flappe en kinders kan deur die gaatjies loer en dan uitvind wat onder die flappe is.
1000 Nuttige woorde
R 200.00
Hierdie prettige, kleurvolle woordeboek met volop selfstandige naamwoorde, werkwoorde en byvoeglike naamwoorde is ideaal om jou kind se taal- en geletterdheidsvaardighede te ontwikkel en verbeter.
2 in 1 Dierestories
R 40.00
Karlien kameelperd het vir jou 'n verrassing in die bos. Wie dink jy gaan Soffel, die snuffelhond vandag red? Lees hierdie twee oulike stories en kom deel in die pret!
2 in 1 Feetjiestories
R 40.00
Wie gaan vir Lindie, die feetjie leer dans? Anja is uitgenooi na die jaarlikse bal, maar het nie 'n rok om aan te trek nie. Maak jou storietyd vrolik en vol pret met hierdie twee oulike feetjieverhale.
2 in 1 Klassiekestories
R 40.00
Trek jou glasskoentjies aan en gaan saam met Aspoestertjie na die bal of miskien wil jy Rooikappie deur die groot woud vergesel. Hierdie twee klassieke verhale gaan jou verbeelding aangryp!
2 in 1 Slaaptydstories
R 40.00
Gaan saam met Chrissie Krokodil op 'n heerlike kampavontuur. Kruip knus onder die komberse in en luister na wat Pippie Panda alles aanvang! Hierdie twee oulike stories gaan jou sommer gou-gou na droomland wegvoer.
365 Oordenkings vir Beginners
R 190.00
Maak jou kind se eerste ervaring met oordenkings iets onvergeetliks met 365 Oordenkings vir beginners. Hierdie boekie spog met lewendige illustrasies wat kinders van 3-6 jaar sal fassineer. Kinders sal die volkleur-kunswerk uit Bybelstories vir beginners geniet terwyl die eenvoudige oordenkings met Bybelverse en gebede hulle beken...
5 min Verhale: Avontuur Stories vir Slaaptyd
R 130.00
Geniet elke dag van die week n vyf minute storie met hierdie opwindende versameling. Vaar saam met n seerower uit op n soektog, verken toweragtige lande en ontdek dat avontuur orals gevind kan word as jy mooi kyk! Met 7 aksiebelaaide stories sal jy graag hierdie verhale oor en oor wil deel.
5 Minute Verhale: Feetjie Stories
R 90.00
Ontmoet vir Bella en haar oulike baba-drakie! Vlieg saam met Madeliefie tydens haar eerste vliegles, ontmoet 'n ondeunde eenhoring en nog vele meer.
5 Minute Verhale: Hasie Stories
R 90.00
Sluit aan by Biffer en Bonny op hul hasie-avontuur, ontdek wat gebeur as jakkals wat hasies jaag, 'n groot verrassing kry, los die raaisel oor die verdwynende wortels op en vele meer!
5 Minute Verhale: Hondjie Stories
R 95.00
Help vir Polly en Ben om te leer hoe om saam te werk. Vind die ontsnapte skape saam met Sakkie die skaaphond. Maak nuwe vriende saam met Dolly en vele meer!
5 Minute Verhale: Katjie Stories
R 95.00
Ontmoet Poeksie met al haar poetse, vind uit waar die kat begrawe is saam met Charlie, en sluit aan by Bennie wat sy vrese moet oorkom en vele meer!
5 Minute Verhale: Ridder Stories
R 90.00
Daar is ergernis by die toernooi, 'n reusramp, 'n verjaarsdagverrassing en vele meer in hierdie versameling van 5 verhale!
Aan – Af
R 99.00
Leer kinders dat vriende voor fone kom. Hulle leer vir Henry ken wat amper ’n groot fout begaan omdat hy heeltyd op sy foon is. Hy speel graag saam met sy maats, Mia en Liam. Maar dan verjaar hy en alles verander wanneer hy ’n selfoon present kry, want van tóé af kan hy die ding nie los nie. Gelukkig tog sien sy pa dat hy die foonreëls verbreek ...