- Home
- DiskontoBooks
- Volwasse
DiskontoBooks
Ena Murray: Keur 18
R 290.00
In Eiland in die son moet Willemien in 'n tropiese oerwoud oorleef terwyl sy wonder waar haar verloofde homself bevind. Andrea Smit ontmoet 'n aantreklike Spanjaard in Señor die seerower?. In Sluiers van wierook ontspoor Ida Herbst se planne om deel te wees van 'n soektog na water in Saoedi-Arabië se grootste woestyn. Boonop ontketen die geh...
Ena Murray: Keur 2
R 70.00
Drie van Ena se heel beste eksotiese verhale word hier byeengebring: In Oos na die son word daar op die argeologiese ekspedisie na Paaseiland meer as ’n paar geheime van die Polinesiërs se moai en die verborge ana oftewel familiegrafte oopgekrap. Dis veral die verborge geheime van die hart wat aan die lig kom – al eis die aku-aku ’n gru-offer . ...
Ena Murray: Omnibus 12
R 80.00
In Diena van Die Eike haal Diena se verlede haar in toe dokter Melt Fouché by haar losieshuis opdaag. In Boeie van goud wonder Charmain waarom het Quintus met haar getrou as hy haar nooit werklik sy vrou wou maak nie. En in Kaalvoet Katryntjie laat Katryn vir die grap toe dat haar voog dink sy is ’n tiener, nie ’n verpleegster van twintig nie.
Ena Murray: Omnibus 38
R 70.00
In Die Tonnel word die verlamde Ilse deur haar vader se testament verplig om langs vele kronkelpaaie te reis voor sy die eindpunt van die lang, duister tonnel kan bereik en haar droomster kan gryp. In Keerkring Van Die Hart het Kasper ’n vergeefse droom oor die hooghartige Liesel. Kan dié skugter man tot haar redding kom, al het sy met ’n swier...
Ena Murray: Omnibus 39
R 70.00
In Eensaam op Wegdraai besef die tweeling Bokkie en Tokkie hulle sal ’n blink plan moet smee as hulle nie juffrou Huizeman as hul nuwe ma wil hê nie. Die oplossing: hulle soek eerder sélf ’n moeder so na hul hart. En die aangewese plek is Soek en Vind, tydskrifhoekie vir eensames. In Verworpe silwer fuif Louis Mocke op sy eerste huweliksnag sa...
Engele Staar, Die
R 40.00
Nina Joubert verloor haar pos in die SAPD en sit boonop met die nadraai van ’n mislukte verhouding wat sy moet verwerk. Toe sy ’n pos as polisie-informant in Zambië aangebied word, huiwer sy g’n oomblik om dit te aanvaar nie. Op Nyati Lodge word daar klaarblyklik onwettig gesmokkel met die swartwang-parkiet, ’n uiters bedreigde spesie wat slegs...
Erfenis van Liefde ('n Roman)
Erfenis van Liefde ('n Roman)
R 90.00
Dekades gelede was John en Elizabeth Baxter die hoofkarakters van ’n liefdesverhaal wat steeds ’n rol speel in die lewens van hul volwasse kinders en kleinkinders. Tog ken min van hulle die presiese details van daardie storie en die hartseer wat hulle bymekaar gebring het. Nou reeds op hoërskool moet Cole, Ashley Baxter Blake se oudste seun, ’...
Ettie Bierman: Keur 14
R 80.00
In Vermoedelik verlief hoor Mynie dat haar kerel ’n beeldskone meisie agter haar rug sien. Sy skryf aan Wewenaar, ’n prokureur wat in ’n hoekie vir eensames adverteer. In Twee roepees vir ’n lewe beland ’n lugwaardin in ’n bose skurkenet. En in ’n Rooikop en twee ridders kyk Addy die ou met die Blou Bul-T-hemp vlak toe hy vir haar ogies maak by ...
Fietsfiks in 7 Weke: Word vinnig fiks met 'n gestuktureerde program
R 50.00
Motiverende oefenprogramme help jou om jou doelwitte te bereik, hetsy vir gewigsverlies, stamina of 'n mededingende wedren; duidelike eenvoudige advies oor die keuse van 'n fiets, toerusting en klere, en wenke en tegnieke vir effektiewe en veilige fietsry; val in die pad - oefen op verskillende terreine of binnenshuis met spinprogramme; alles wa...
Floreer
R 60.00 R 265.00
Wat is die “iets” wat ’n mens laat opstaan as dit voel of die lewe jou asem uitgeslaan het? Veerkragtigheid nie iets uitsonderlik is wat net sommige mense het nie, ons almal het dit en kan dit oefen en uitbou. Ilse Salzwedel bespreek wat die eienskappe van veerkragtige mense is, en hoe ons meer veerkragtig kan word. Aan die hand van haar eie...
Geheime van die hel ontbloot
R 80.00
Tydens 'n besoek aan Israel in 2007, het ons groepie in 'n gastehuis by die See van Galilea tuisgegaan. Een oggend om vyfuur het Vader my wakker gemaak en my in die Gees kom haal en in 'n visioen die ingang na die Hel (Hades) gaan wys. Dit was soos 'n diepdonker gat wat in die aarde afgegaan het. Metershoë soliede wande het dit onmoontlik gemaa...
Geheime van die hemel ontsluit
R 80.00
In die geheime van die hemel ontsluit deel Hephzibah Maritz met haar lesers opbarings oo rid ehemel wat sy van die Vader-God self ontvang het. Dit is haar gebed dat hierdie geestelike reise vir elke leser 'n onvergeetlike ervaring sal wees, 'n openbaring wat ook by hulle die honger sal aanwakker om die Abba Vader, Jesus Christus en die Heilige G...
Gholf in aksie (Met lewendige-aksie DVD)
R 40.00
Duidelik uiteengesette stap-vir-stap afrigting met inspirerende volkleur fotografie vir entosiastiese beginners of gesoute spelers wat hul tegniek wil verfyn en opknap. Insluitende 'n 30 min DVD met aksie beeldmateriaal. Die nuutste rekenaar grafika ontleed al die tegnieke en sleutelvaardighede van die golfspeler. Die maklik leesbare teks maak d...
Glimlag van die sekelmaan
R 40.00
Die nag toe Nina Immelman se man in ʼn motorongeluk sterf, kom nie net haar veelbewoë huwelik tot ʼn einde nie, maar vind sy ook uit dat die boedel bankrot is en sy alles verloor het – ook haar huis. Toe sy dus die kans gebied word om op ʼn luukse landgoed aan die Mosambiekse kus die huishouding waar te neem, gryp sy dit met albei hande aan.Maar o...
God is Groot
R 140.00
52 van Suid-Afrika se bekendste en geliefste geestelike skrywers en gospel sangeresse skryf saam aan hierdie Bybeldagboek vir vroue. Saam skryf hulle oor dinge van die lewe wat net vroue sal verstaan, vir elke vrou se hart. Met bekendes soos Gretha Wiid, Annalise Wiid, Wanda Bam, Freda Francis, Clarice Pieterse en ander is hierdie meer as net ʼn ...
Gourmet Susters: Kuier en Kook Saam
R 90.00
Sue-Ann Allen en Ilse Fourie het ’n hegte vriendskap gevorm tydens die opnames van MasterChef SA 2012. Sedertdien pak hulle heelwat projekte saam aan en staan bekend as die Gourmet Susters. Hulle het nou ook kragte saamgesnoer in die vorm van hierdie kookboek. Hulle het 44 algemene bestanddele gekies en elkeen gee toe ’n resep wat haar eie perso...