Kinders

My reënboogboek 3+ jaar Boek 1
R 95.00
Met hierdie saamdra-aktiwiteitboek vir 3+ jaar kan kinders van kleure leer en terselfdertyd hulle fyn motoriese vaardighede ontwikkel. Die buitelyne van die prente wys vir kinders watter kleure om te gebruik en die bladsye kan ook met plakkers versier word. Die tekeninge is eenvoudig en die plakkers is vir klein handjies gemaak! ...

Soek-Soek Inkleurboek: In Feetjieland
R 80.00
Hierdie pragtige reeks kreatiewe inkleurboeke bevat opwindende soek-en-vind prente en aktiwiteite. Kinders moet die instruksies volg om die regte prent te soek en dan met die regte kleur in te kleur. Die bladsye vol soek-en-kry inkleurprente wemel van karakters uit feetjieland. Van ’n fee wat in ’n seepborrel woon tot ’n towenaar wat sy hoed ver...

Legendariese Lua Verwey 1: Wilder as die Wildtuin
R 60.00
Lua is nie soos enige meisie wat jy ken nie. Sy skat sy's die enigste een wat meer as een breinsel by haar ouers geërf het en sal eerder tyd op haar J-board spandeer as voor ’n spieël of die TV. Sy’s ook allergies vir seuns. Wat nogal vreemd is, aangesien sy drie boeties het. En ook omdat sy graag wil krieket speel, al sal sy die enigste meisie ...

Grilgrypers 1: Vloek van Vreesbaai
R 196.00
Nie lank nadat die dertienjarige Miek saam met sy ouers in Vreesbaai kom woon nie, begin vreemde dinge gebeur. Nie net is die kusdorpie permanent toe onder digte mis nie, maar Miek word skielik gedurig gekonfronteer met sy grootste vrees: 'n monsteragtige, woedende hond. Gou lyk dit ook asof sy nuwe vriende by die skool elkeen ook 'n geheim me...

My Storiekis
R 120.00 R 300.00
Hierdie skatkis van 21 sprokies, fabels en dierestories is versamel en oorvertel deur die bekende skrywer en storiemeester, Leon Rousseau. Die bundel is ideaal vir voorlees of vir kinders wat self lees. Van klassieke sprokies soos “Aspoestertjie” en volksverhale soos “Die gulsige seekoei” wat vermaak met herhaling, ritme en rym, tot fabels soos ...

Tjoppie en die skat
R 115.00
Tjoppie is 'n nuuskierige hondjie. Vandag ontdek hy iets eienaardigs in die tuin. Wat kan dit wees? Elke dag is 'n avontuur vir Tjoppie en sy maats. Die Tjoppie-reeks is die perfekte eerste leeservaring vir peuters en kleuters.

Trompie Omnibus 3 (3-in-1)
R 220.00
In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit! Titels in hierdie omnibus: Trompie die kragman, Trompie die hartedief en Trompie die held. Die ondeunde Trompie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksom...

Hondman
R 260.00
Daar is 'n nuwe soort polisieman op die toneel! George en Harold het 'n nuwe held geskep wat bedrog uitgrou, sy kloue in kroeke inslaan en diewe omduik! Ben die hond en sy polisiehoof word beseer op diens, maar 'n operasie verander ook lewe soos ons dit ken, en Hondman word gebore. Met die kop van 'n hond en die lyf van 'n mens, het hierdie h...

Loer binne: Die Plaas
R 210.00
Hierdie kartonboeke met tien lig-en-loer-flappies gee aan kinders 'n prettige geleentheid om meer oor die plaas uit te vind. Gaan kuier op die plaas en sien watter diere daar woon, watter verskillende plante geplant word en watter voertuie op die plaas gebruik word. Gaan kuier in die stalle, die hoenderhok, by die varke en hulle kleintjie...

My gunsteling-slaaptydstories
R 170.00
Hierdie boek bevat 5 slaaptydstories wat kinders op 'n opwindende verbeeldingsreis sal neem. Die stories wat ingesluit is, is Die plaasmuis en die dorpsmuis, Rooikappie, Hansie en Grietjie, Die dors duif en Die bondel stokke. Die boek is perfek vir voorlees tydens slaaptyd, maar ook selflees! ...

Plakkerpret met 555 Voertuie
R 155.00
Met hierdie prettige boek kan kinders plakkerpret hê met 555 plakkers van allerhande soorte en groottes voertuie. Skep tonele van besige strate en stasies tot warmlugballonne en 'n ruimte-avontuur! Hou klein handjies so op die langpad besig!

Liewe Heksie se groot omnibus
R 390.00
Hierdie reuse-omnibus bevat al 41 van Verna Vels se oorspronklike Liewe Heksie-stories waarin die bekoorlike klein karaktertjie en haar maats, Blommie Kabouter, Karel Kat, Kwaaitjie Kabouter, Koning Rosekrans en vele meer weer oud en jonk laat skaterlag met hulle mannewales. Die stories is 'n versameling uit die bundels: Die Liewe Heksi...

Bennie Boekwurm se mooiste sprokies 2
R 200.00
Sleuteltjie, sleuteljie, op sag satyn, laat tog ’n storie uit die boek verskyn! Kom luister saam na nog vyf van die wêreld se mooiste en gewildste sprokies: Rooikappie, Die skoenmaker kabouters, Die dieremusikante van Bremen, Duimelina en Sneeuwitjie. Die tweede boek in die gewilde reeks met nog klassieke verhale uit Bennie Boekwurm se groot spr...

Ouma Hester en die Arnosterfant
R 60.00
Renosters tel, olifantmis en 'n lugskip met hittesoekende sensors en 'n meganiese slurp . . . ’n vakansie saam met ouma Hester is nooit vervelig nie! Maar wie is Wang Mang? Hoekom het hy 'n tenk vol rooi-en-wit gespikkelde vissies in sy helikopter? Wat wil hy met Thembi en Joe se mak renoster, Mafuta, maak? En wat het al hierdie dinge met ol...

Saartjie Omnibus 8
R 220.00
In die laaste omnibus in hierdie reeks, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit. Saartjie verdedig haar boetie, Apie, wanneer hy van diefstal beskuldig word, sy moet ook tussen haar boesemvriendin en '...

Speurder Kwaaikofski Omnibus 2 (Omnibus 3-in-1)
R 210.00
Kwaaikofski is ’n privaatspeurder. Hy het nou eenmaal ’n talent daarvoor. Gee hom ’n glas melk, Carpenters kougom en sy spesiale kep en hy is gereed vir enigiets! Hierdie omnibus bevat drie van Speurder Kwaaikofski se gewildste avonture vir beginnerlesers. Kwaaikofski word deur ouens met kaalgeskeerde blou koppe ontvoer, hy vertel hoe sy pad vir...