Kinders

Saartjie Omnibus 7
R 220.00
In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, ontmoet Saartjie vir Clara, 'n dogtertjie met polio, en sy kruip sommer gou in Saartjie-hulle se harte. Daar kom ook 'n wêreldberoemde sirkus na Linnekom en sorg vir groot opwinding. Saartjie dink ook dat sy haar droomman ontmoet het wanneer 'n beroemde rugbyspeler kom kuier.

Stoffel die boer
R 150.00
Stoffel moet saad op sy plaas saai, maar sal dit groei? Freek en Frikkie gaan hom help! Volg Stoffel se avonture in hierdie eerste leser-reeks met eenvoudige woordeskat wat perfek is vir beginners.

Pienk is nie vir Sissies nie
R 210.00
Nicci is 'n willewragtig op 'n bergfiets. Die heel lekkerste is om die seuns se reaksie te sien wanneer hulle besef 'n meisie het vir hulle ore aangesit. Tot die dag wat Nicci wreed aangeval en van haar fiets beroof word. Haar wêreld tuimel ineen. Wie sal so iets doen? Stuk-stuk pas Nicci en haar vriende Felicity en Godfrey die legkaart inme...

Tjoppie en die tweeling
R 115.00
Tjoppie is 'n nuuskierige hondjie. Vandag ontmoet hy twee maatjies wat presies dieselfde lyk. Maar hoe kan dit wees? Elke dag is 'n avontuur vir Tjoppie en sy maats. Die Tjoppie-reeks is die perfekte eerste leeservaring vir peuters en kleuters.

Babadierestories: Nag, Pikkewyntjie
R 160.00
Dis Pikkewyntjie se eerste dag by die kleuterskool. Hy hou net mooi niks daarvan om weg te wees van sy mamma en pappa nie! Maar ná ’n dag saam met die ander pikkewyntjies, besef hy dat dit groot pret is om maatjies te hê. Hierdie pragtige hardeband slaaptydboek met foto-illustrasies en eenvoudige stories sal jou kleinding in ’n ki...

Eisteddfod-Pret: Gedigte, Monoloë en Samesprake vir die Laerskool
R 280.00
Menige ouer, onderwyser en afrigter het al die wens uitgespreek dat minder tyd aan die soek van geskikte materiaal vir Eisteddfods bestee hoef te word. Eisteddfod-pret is gebore uit hierdie noodkreet van ouers, onderwysers en kinders wat jaarliks in desperaatheid die internet en biblioteke fynkam vir vars, nuwe materiaal, want dis nie sommer eni...

Hondman 4: Hondman en Kleinkat
R 260.00
Hondman is terug en hierdie keer is hy nie alleen nie. Die hond met 'n regte neus vir geregtigheid het nou 'n helper, Kleinkat, en saam het hulle 'n raaiselagtige dilemma om op te los! Wanneer 'n nuwe katsitter opdaag en 'n glansryke rolprentster verdwyn, hang dit van Hondman en Kleinkat af om die dag te red. Sal hierdie helde warm op...

Loer binne: Wilde diere
R 210.00
Hierdie kartonboek is die jongste toevoeging tot die Loer binne-reeks. Die tien lig-en-loerflappies is sterk genoeg vir die gryperigste klein handjies en sal keer op keer pret verskaf. Die lewendige illustrasies sal kinders se aandag behou en dit nog lekkerder maak om die wilde diere te ontdek. Kom kuier saam in die woestyn en in die woud!

Donker Web (Fanie Viljoen)
R 295.00
Greg Owen, die ou wat sy eie pa vir die wolwe gegooi het, is 'n eerstejaar op Stellenbosch. Klaar met hacking. Ingeskryf vir 'n graad in Sportwetenskap. Maar sal hy ooit van die skaduwee van Lawson Kollege en Project Nursery Rhyme kan wegkom? As jy wil wraak neem, moet jy twee grafte grawe, besef hy gou, in hierdie vervolg op die topverkoper ...

My groot boek oor vliegtuie, bote en ruimtetuie
R 105.00
Het jy al ooit gewonder hoe die eerste vliegtuig en boot gelyk het? Wie was die eerste mens om op die maan te loop? In hierdie groot-formaat boek kan kinders lees oor die eerste skepe, vliegtuie en ruimtetuie tot voertuie wat vir oorloë gebruik word! Die boek bied 'n omvattende en interessante oorsig van die geskiedenis van onder andere ...

My eerste plakkerboek: Prinsesse
R 145.00
In hierdie plakkerboek met prinsesse kan kleintjies groot herbruikbare plakkers gebruik om lewe te gee aan elke toneel. Die kleurvolle illustrasies en interessante tonele sal hulle ure besig hou!

Goue lint-stories: Die mooiste verhale van Andersen
R 245.00
Hierdie wonderlike boek met 13 tydlose verhale, pragtige illustrasies en onvergeetlike karakters stel kinders bekend aan die betowerende wêreld van Christian Andersen.

Saadjie en Spikkel
R 205.00
Saadjie en Spikkel is soos vinkel en koljander, maar terwyl hulle vriendskap groei, word hulle self ook groter. Vir Saadjie beteken dit dat hy wortels kry. Maar Spikkel kry vlerke - en sy kan nie wag om hulle uit te toets nie. Al skei die lewe hulle van mekaar, vind ware vriende altyd hulle pad terug, en niemand is groter maats as Spikkel en Sa...

Goue lint-stories: Die mooiste avontuurverhale
R 260.00
In hierdie wonderlike boek met pragtige illustrasies word kinders bekendgestel aan klassieke avontuurverhale, soos Om die wêreld in 80 dae, Robinson Crusoe, Lancelot se avonture, Gulliver en die Lulliputers, White Fang, Die drie musketiers, Tarzan, Skateiland, Reis na die middel van die aarde, Tom Sawyer en Huckleberry Finn en Sandokan, die ...

Regte-egte Rampe: Ondersoek wat regtig gebeur het!
R 220.00
In Regte-egte rampe word ondersoek ingestel om uit te vind hoekom sekere rampe gebeur het en hoe dit in die toekoms voorspel en verhoed kan word. Die rampe wat ondersoek word, wissel van reuse-uitbarstings, die dinoramp tot vreesaanjaende mensgemaakte katastrofes. Lees die verstommende stories oor die rampe en kyk dan na elkeen se rampdo...

My reënboogboek 3+ jaar Boek 2
R 95.00
Met hierdie saamdra-aktiwiteitboek vir 3+ jaar kan kinders van kleure leer en terselfdertyd hulle fyn motoriese vaardighede ontwikkel. Die buitelyne van die prente wys vir kinders watter kleure om te gebruik en die bladsye kan ook met plakkers versier word. Die tekeninge is eenvoudig en die plakkers is vir klein handjies gemaak! ...