Kinders

David Walliams: Mnr Stink
R 180.00
Meneer Stink het gestink. Hy was die ene stank. Sy stank was so erg dat dit jou asem weggeslaan het. Hy was die stinkste superstankstinker wat nog ooit gelewe het. ’n Superstank is die ergste soort reuk. ’n Superstank is erger as ’n stank. En ’n stank is erger as ’n stankie. En ’n stankie is erger as ’n klankie. Maar ’n klankie is al genoeg om ...

Hallo, Vos! Hallo, Haas!
R 150.00
Pluim besluit dis tyd om weg te kom uit die stad – en die lee hok in die heining lyk na 'n aanloklike alternatiewe woonplek. Die vierde boek in die bekroonde reeks oor Vos en Haas sluit ten opsigte van die leesvlak en die verhaallyn by die vorige drie dele aan!

Storieland
R 200.00
'n Versameling van 26 bekende en onbekende kinderstories met pragtige illustrasies uit die verhaleskat van Helena J.F. Lochner. Die splinternuwe uitgawe van stories waarmee generasies Afrikaanse kinders grootgeword het verseker dat 'n nuwe geslag kinders vreugde sal put uit klassieke verhaaltjies. Lochner se lekkerlees-stories is perfek vir voo...

Kleuterland
R 200.00
Kleuterland is ‘n pragtige kinderboek met 40 stories en pragtige illustrasies vir kleuters uit die verhaleskat van Helena J.F. Lochner en was oorspronklik deel van ’n reeks van ses bundels, onder andere Diereland, Storieland, Kammaland en Avontuurland. Dit is lekker-lees stories vir voorlees aan kleuters. Die stories in die bundel word volgens b...

Kinderland
R 200.00
Kinderland is 'n pragtige kinderboek met 21 bekende en onbekende stories en pragtige illustrasies vir kinders uit die verhaleskat van Helena J.F. Lochner en was oorspronklik deel van 'n reeks van ses bundels, onder andere Kammaland, Diereland, Storieland, Kleuterland en Avontuurland. Dit is lekker-lees stories vir voorlees aan jong kinders en s...

David Walliams: Rotburger
R 250.00
“Ontmoet vir Zoe. Daar is baie goed waaroor sy ongelukkig kan wees: Haar stiefma, Sheila, is so lui dat Zoe die snolle uit haar neus moet krap. Die skoolboelie, Tina Trotts, maak haar lewe ondraaglik en spoeg boonop elke dag op haar kop. En om alles te kroon het die bose Bart gruwelike planne met haar troetelrot. Ek kan jou nie vertel wat Bart ...

David Walliams: Die Seun in die Rok
R 170.00
Dennis bly in ’n vervelige huis in ’n vervelige straat in ’n vervelige dorp. Maar hy gaan uitvind die lewe is allesbehalwe vervelig wanneer jy jou kop oopmaak! Jy sal lag, jy sal huil, en as jy Dennis eers ontmoet het, sal jy hom nooit vergeet nie …

Musiekensiklopedie vir Kinders
R 240.00
Is julle lus om saam met Klara en Frederik ’n spannende ontdekkingsreis na die Koninkryk van Musiek te onderneem? As julle baie leergierig is, graag in boeke verdiep raak en van musiek hou, is julle nou op die regte plek. Want Klara en Frederik – twee kinders wat baie van musiek hou – sal vir julle baie interessante onderwerpe en begrippe oor mu...

Otters, Die (6): Skateiland van die Seychelles
R 150.00
Die drie vriende wat bekend staan as die Otters, gaan saam met Buks se ouers na die Seychelles. Hulle hou lekker vakansie en vergaap hulle aan die koraalriwwe wat soos slange langs die kus van Mahé af kronkel. Hulle sien interessante en gevaarlike visse en eet vreemde kosse. Die Otters se aandag dwaal egter af van hierdie nuwighede wanneer Kassi...