Volwasse

Veels Geluk Liewe Maatjie
R 140.00
Veels geluk liewe maatjie 2 sluit 30 gewilde partytjie koeke in wat maklik met botter versiersuiker gemaak word. Die koeke is gerig op die besige ma wat nie genoeg tyd het nie en ook die onervare bakster wat vir die eerste keer 'n verjaarsdagkoek self wil bak.

Palette: Recycling Projekte
R 210.00
Upcycling-projekte bied 33 selfdoen palet-items waar die nederige palet omskep word in goedkoop, praktiese en eko-vriendelike meubels, dekor, speelgoed, tuinprodukte en geskenkitems. Upcycling is die term wat gebruik word vir kreatiewe herwinning van afvalmateriaal of onbruikbare, ongewensde items, om nuwe produkte wat waarde het te skep.

Kokkedoortjie
R 360.00
Kokkedoortjie is ’n kookboek vir die gesin, vir kinders en vir die kind in ons almal. Dit verweef elke dag se resepte met ’n unieke bestanddeel – die kleurvolle verbeelding van ’n kind. Dit wissel van eiernessies vir ontbyt, die beste kosblik-toebroodjies ooit, koekies vir Entrepreneursdag, trooskos, sportiewe hamburgers, piekniekslaaie, poetsba...

Oewerpraatjies (John Southey)
R 80.00
As jy 'n uiltjie vang, bestudeer die muis, lui 'n ou spreekwoord. Dieselfde geld vir suksesvolle hengel. Nog 'n toepaslike wysheid is dat daar nie "gelukkige" hengelaars is nie, die suksesvolle hengelaars is gewoonlik goed ingelig en kundig, entoesiasties en goed toegerus, daarom van hulle vis.

Boelies
R 75.00
Boelies in skole speel 'n kommerwekkende rol in die oorsaak van kinders wat presenteer met emosionele probleme. In hierdie boek, verkry die leser 'n baie mooi en insigewende oorsig oor die probleem en hoe om dit te benader en te hanteer uit 'n Christelike perspektief. 'n Moet vir elkeen wat hierdie probleem wil hok slaan.

7 Ritmes vir Kinders: Lê die regte grondslag vir jou kind se geloof
R 130.00
Ontdek ’n prettige manier om die regte grondslag te le vir kinders se geloof. Met 7 ritmes vir kinders gee Tom en Lollie Smith vir ouers (en ander versorgers) handige wenke oor hoe om kinders te lei om meer soos Jesus te wees en ’n verhouding met Hom te he. Deur hierdie praktiese beginsels herhalend in kinders se lewe toe te pas, vorm dit ’n r...

Groeipyne: Baba, Kleuter of Tiener - Hier is Raad! (RSG)
R 130.00
Om gelukkige kinders groot te maak, is nie ’n gelukskoot nie! Alle ouers wil goeie ouers wees wat hulle kinders op die regte manier grootmaak. Dit gebeur egter nie vanself of oornag nie. Dis harde werk en sal elke pa, ma, voog, ouma, oupa, meneer en juffrou soms teen die mure uitdryf. Maar dis die moeite werd. En jy hoef dit nie alleen aan te ...

Coach jou kind vir die Lewe (Praktiese Gids met CD)
R 140.00
Coach jou kind vir die lewe is 'n praktiese gids propvol idees en oplossings oor hoe jy jou kind kan coach om beter te dink. Dit sal jou help om 'n kind groot te maak wat oplossings soek, passievol leef en met 'n "Ek kan"-gesindheid die lewe vierkantig in die oe wil kyk. Hierdie titel is gerig op ouers en het 'n praktiese aanslag. In 'n gesels...

Teepartytjie (Clover): 55 Wenresepte van 20 jaar!
R 300.00
Koninklike resepte vir ’n koninklike teepartytjie.Clover nooi jou hartlik uit na ’n heerlike teeparty… soos nét die koninklikes dit kan doen! In Clover Koninklike Teepartytjie deel Clover 55 smaaklike resepte vir al daardie lekkernye wat op jou teetafel behoort te pronk. Van botterbroodjies met dekadente room en konfyt, tot veerligte sponskoek ...

Tennis in aksie (Met lewendige-aksie DVD)
R 40.00
Duidelik uiteengesette stap-vir-stap afrigting met inspirerende volkleur fotografie bied verfrissende motivering vir alle tennisspelers. Insluitende 'n 30 min DVD met aksie belaaide beeldmateriaal. Die nuutste rekenaar grafika ontleed al die tegnieke en sleutelvaardighede van die tennisspeler. Die boek bied jou alles en meer, in maklik lees en v...

Gholf in aksie (Met lewendige-aksie DVD)
R 40.00
Duidelik uiteengesette stap-vir-stap afrigting met inspirerende volkleur fotografie vir entosiastiese beginners of gesoute spelers wat hul tegniek wil verfyn en opknap. Insluitende 'n 30 min DVD met aksie beeldmateriaal. Die nuutste rekenaar grafika ontleed al die tegnieke en sleutelvaardighede van die golfspeler. Die maklik leesbare teks maak d...

Tuistafel: Kook saam met die Huiskok
R 150.00
Tuistafel trek jou in met kosmaak se klein en groot plesiere – of dit ’n eenvoudige onthoukos-gereg of ’n feesmaal saam met kleurryke kosvriende is. Tuistafel bevat resepte fyn gestippel met familie- en kindsbeenkos. Dit vertel ook van die rykdom van vriende aan tafel en kos wat sy arms wyd strek. Kos van verlange soos melkkos vat hande met avon...

My Blommefeetjies Bababoek
R 60.00
Hierdie betowerende bababoek bied jou die geleentheid om dagboek te hou van elke spesiale geleentheid gedurende baba se eerste jaar. Daar is plek vir persoonlike inligting, foto’s en interessante aandenkings. Dit bevat pragtige illustrasies deur Cicely Mary Barker.

1 Beslag, 100 Koeke: Bak Met Net 1 Basiese Resep 100 Verskillende Koeke
R 70.00
Een basiese koekbeslag met 'n hele honderd variasies - van gunstelingkoeke vir jou gesin, spogkoeke om jou gaste te beïndruk en fyn kolwyntjies vir teetyd tot heerlike gesonde vrugtekoeke en smullekker warm koekpoedings vir grou wintersdae! Lekker bak!

Hallo, Hekel
R 140.00
Hallo, Hekel is ’n hekelboek soos min, waar ’n enkele patroon geneem word en op vier verskillende maniere vertolk word na gelang van jou styl – hetsy boheems, kunstig, klassiek of romanties. Patrone, wat wissel in moeilikheidsgraad, sluit mooi goed vir jouself, jou huis, babas en kinders en selfs geskenke in. Daar is ook voorstelle om dieselfde ...

Resepte (Suzelle DIY)
R 295.00
Welkom by Resepte! Hierdie boek se bladsye is propvol geliefkoosde resepte wat ek oor baie jare versamel en opgetower het; van my Ouma se ou klassieke resepte tot my eie skeppings wat almal gaan laat gons y oor jou volgende feesmaal! Jy sal heerlike nageregte ontdek, maklike aandetes, asook prettige en smaaklike afdraaipaadjies van Suid-Afrikaa...