- Home
- Kinders
Kinders
Tags
- Everything in Kinders
- 13+
- Activity
- Activity Books
- Afrikaans
- Age 10 - 13
- Age 13+
- Age 6 - 10
- Age 6 - 8
- Age 8 - 10
- Aktiwiteit
- Aktiwiteitsboeke
- Bybel
- c
- CD
- Children
- Christelik
- Educational
- Emosies
- English
- Fantasi
- Fiction
- Fiksie
- Gedigte
- Graded Reading Level 2
- Graded Reading Level 3
- Graded Reading Level 4
- Grappe
- Jaco Jacobs
- Julia Donaldson
- Kinders
- Kookboeke
- Lapa
- Latest
- Miles Kelly
- NB
- Nie-fiksie
- Non-Fiction
- On Sale
- Onder 6
- Opvoedkundig
- Pan Macmillan
- Penguin
- Phambili
- Picture Flats
- Protea
- Rympies
- Skool Hulpmiddels
- Speshirl Agencies
- Stalmaats
- Stokperdjie
- Stories met Lesse
- Struik
- Under 6
- Volwasse

Cute Pets Magic Pictures (Paint with Water)
R 45.00
Brush with water to reveal the colours! Cute pets magic pictures is a fun, paint-free way to create colourful art. All you need is a jar of water and 'n paintbrush! With over 30 exciting pictures to paint, this book is the perfect introdution to painting!

Tjoppie en die tweeling
R 115.00
Tjoppie is 'n nuuskierige hondjie. Vandag ontmoet hy twee maatjies wat presies dieselfde lyk. Maar hoe kan dit wees? Elke dag is 'n avontuur vir Tjoppie en sy maats. Die Tjoppie-reeks is die perfekte eerste leeservaring vir peuters en kleuters.

Babadierestories: Nag, Pikkewyntjie
R 160.00
Dis Pikkewyntjie se eerste dag by die kleuterskool. Hy hou net mooi niks daarvan om weg te wees van sy mamma en pappa nie! Maar ná ’n dag saam met die ander pikkewyntjies, besef hy dat dit groot pret is om maatjies te hê. Hierdie pragtige hardeband slaaptydboek met foto-illustrasies en eenvoudige stories sal jou kleinding in ’n ki...

Eisteddfod-Pret: Gedigte, Monoloë en Samesprake vir die Laerskool
R 280.00
Menige ouer, onderwyser en afrigter het al die wens uitgespreek dat minder tyd aan die soek van geskikte materiaal vir Eisteddfods bestee hoef te word. Eisteddfod-pret is gebore uit hierdie noodkreet van ouers, onderwysers en kinders wat jaarliks in desperaatheid die internet en biblioteke fynkam vir vars, nuwe materiaal, want dis nie sommer eni...

Hondman 4: Hondman en Kleinkat
R 260.00
Hondman is terug en hierdie keer is hy nie alleen nie. Die hond met 'n regte neus vir geregtigheid het nou 'n helper, Kleinkat, en saam het hulle 'n raaiselagtige dilemma om op te los! Wanneer 'n nuwe katsitter opdaag en 'n glansryke rolprentster verdwyn, hang dit van Hondman en Kleinkat af om die dag te red. Sal hierdie helde warm op...

Loer binne: Wilde diere
R 210.00
Hierdie kartonboek is die jongste toevoeging tot die Loer binne-reeks. Die tien lig-en-loerflappies is sterk genoeg vir die gryperigste klein handjies en sal keer op keer pret verskaf. Die lewendige illustrasies sal kinders se aandag behou en dit nog lekkerder maak om die wilde diere te ontdek. Kom kuier saam in die woestyn en in die woud!

Donker Web (Fanie Viljoen)
R 295.00
Greg Owen, die ou wat sy eie pa vir die wolwe gegooi het, is 'n eerstejaar op Stellenbosch. Klaar met hacking. Ingeskryf vir 'n graad in Sportwetenskap. Maar sal hy ooit van die skaduwee van Lawson Kollege en Project Nursery Rhyme kan wegkom? As jy wil wraak neem, moet jy twee grafte grawe, besef hy gou, in hierdie vervolg op die topverkoper ...

Boomhuis met 13 Vloere, Die
R 250.00
Andy en Terry woon in die beste boomhuis ter wêreld! Dit het ’n geheime ondergrondse laboratorium, ’n reusetenk vol haaie en ’n malvalekker-masjien wat oral agter mens aanrol en malvalekkers in jou mond in skiet net wanneer jy honger is! Pasop net vir die see-apies, en dié wat voorgee om see-apies te wees, en die reuse-meermin-seemonster ...! E...

101 Nagmerries
R 250.00
Kom ontmoet die monsters onder jou bed ... Spoke. Vampiere. Weerwolwe. Monsters. Wesens uit die buitenste ruimte. Hierdie briljante bibberboek bevat 101 stories, rympies en strokiesverhale wat jou hare sal laat regop staan, jou yskoue rillings sal gee – en jou tone sal laat omkrul van lekkerkry!

Tippie skryf-en-uitvee, boek 5
R 85.00
Hierdie reeks is ontwikkel in samewerking met ’n arbeidsterapeut om verskeie vroeë fynmotoriese en visio-motoriese integrasievaardighede in te sluit. Die reeks bestaan uit vyf titels wat progressief op mekaar volg vir die aanleer van skryf- en visueel perseptuele vaardighede in. Die Tippie skryf en uitvee-reeks sluit verskeidenheid versteekte ku...

Wurmpastei
R 100.00
Hoe voel dit om kaalvoet op ’n padda te trap? Wat ruik erger as ’n vrot eier? Hoe smaak ’n erdwurm-smoothie? Wat moet jy doen as jou hond ’n duur geskenk insluk. Die sewe slymerige stories in hierdie boek sal jou laat ril van lekkerkry!

Mooihoekbos: Klein Einas
R 80.00
Hansie die wit hasie het seergekry... Al die maatjies van Mooihoekbos kom om hom te help. Ongelukkies, saamwerk, troos en vriendskap vorm die kerm van hierdie nuwe intrige in Mooihoekbos...

Oupa Zombie
R 220.00
Alex se oupa het grys hare, dra valstande en kyk graag na reis-programme op TV. Maar op ’n dag raak hy skielik mal oor … BREIIINNNSSS! Dit is duidelik dat Oupa besig is om in ’n zombie te verander. As Alex hom van dr. Zuurman en die zombiepolisie wil red, gaan hy ’n paar briljante planne, goeie vriende en hope broccoli nodig hê. En miskien kan ...

Ek lees self 2 Plaasmuis en stadsmuis
R 60.00
'n Liefde vir lees is een van die grootste geskenke wat jy jou kind kan gee! Hierdie reeks is die perfekte wegspringplek vir beginnerlesers. Vind uit wat gebeur as Skilpad op 'n dag besluit hy wil vlieg, lag lekker vir Hasie se slim plan om Olifant en Seekoei te laat toutrek, en ontdek wat gebeur as Wolf op 'n dag skaap-klere aantrek! ...

Sal 'n Skilpad op jou Piepie?
R 140.00
Dis WALGLIK – maar dis WAAR! WEES GEWAARSKU – hierdie boek is propvol feite wat jou kan NAAR MAAK en laat GRIL!Wat is 'n snotblom? Hoe groot was 'n T-rex se poef? Eet party mense regtig paddaboudjies en hoe smaak dit? Wat is hienabotter? Watter dier se piepie ruik soos warm springmielies?Word gril-gril slim en ontdek die grieselige...

Jaco Jacobs se groot klop-klop-grappieboek
R 150.00
Die GROOTSTE versameling KLOP-KLOP-grappe NOG OOIT IN AFRIKAANS! Hierdie boek sal vir jou en jou maats maagpyn gee van die lag! Boonop bevat die boek prettige illustrasies. Dit is die perfekte aankoop om vir enige kind ure lank besig te hou! Klop-klop. Wie’s daar? Kamele. Kamele wie? Kamele hare, dis amper tyd vir skool.